Daisy Macbeth
|
Daisy Macbeth |
Daisy kyk na die klere in Bronzetti se toonvenster
terwyl sy haar gunsteling-roomys met die drie geure geniet. |
Daisy was looking at the clothes in the shop window of
Bronzetti’s enjoying her favourite three-flavour ice cream. |
Sy gaan nooit by die winkel in nie, want sy kan hul
pryse nie bekostig nie. |
She never went into the shop because she couldn’t
afford their prices. |
"Ek moet erken Italiaanse modes is baie mooi, maar
'n mens moet taamlik dun wees om hulle te kan aantrek," mompel Daisy
by haarself. |
"I must admit that Italian styles are very nice,
but you have to be pretty slim to get into them." Daisy muttered to
herself. |
Dis nie dat Daisy vet is nie, net gemiddeld, maar beslis
nie rietdun soos die meeste modelle nie. |
It wasn’t that Daisy was fat, she was just average,
but certainly not paper-thin, like most models. |
Sy sê weer by haarself: "Hmm, daardie tweestuk het
'n pragtige kleur." |
And again to herself, "Mm, that two-piece is a
lovely shade." |
"Kay, ek het nie verwag om jou nou hier raak te
loop nie – o, jammer, jy's nie Kay nie, né?" |
"Kay, I didn’t expect to see you here yet - oh,
sorry you’re not Kay, are you?" |
Daisy draai om om te sien wie met haar praat. |
Daisy turned around to see who was speaking to her. |
Dis 'n taamlik sjofele, bebaarde man van so om en by
vyftig. |
It was a rather shabby-looking, bearded man of about
fifty. |
Hy is klaarblyklik van Afrika-Amerikaanse afkoms, en
praat met 'n sterk Suidelike State-aksent. |
He was clearly of African origin and had a strong
Southern States accent. |
Ondanks sy klere het hy 'n bril van 'n beroemde
Italiaanse fabrikaat op, en Daisy weet dit kos baie geld. |
In spite of his clothes he was wearing glasses of a
famous Italian make, which Daisy knew cost a lot of money. |
"Nee, inderdaad." |
"No, indeed." |
Diasy is nie daaraan gewoond dat mense sommer in die
Hoofstraat met haar begin gesels nie, en wil in die rigting van haar
gunsteling-roomyswinkel begin stap. |
Daisy wasn’t used to being chatted up in the middle of
the High Street and made to walk off in the direction of her favourite
ice-cream parlour. |
"Verskoon my asseblief, Juffrou … um, jy sien, ek
is 'n filmregisseur en …" |
"Please excuse me, Miss...er, you see I’m a film
director and..." |
"Nee dankie, ek stel nie belang nie. Tot siens." |
"No thank you, I’m not interested. Goodbye." |
"Nee, jy verstaan nie. Ek is regtig." |
"No, you don’t understand. I really am. |
"Ek is Lawrence Baker," sê die man vir Daisy,
asof die noem van sy naam sy gedrag sou verduidelik. |
"I’m Lawrence Baker," the man told Daisy as
though the mention of his name would explain his behaviour. |
"En ek is 'n privaatspeurder!" kap Daisy
terug. |
"And I’m a private investigator!" retorted
Daisy. |
"O, dit maak nie saak nie, jy sal in elk geval deug." |
"Oh, that doesn’t matter, you’ll do just the
same." |
Daisy raak gewoonlik maklik van onnosel mense ontslae,
maar dié keer is sy nogal nuuskierig om vas te stel wat agter dié
aandrang steek. |
Daisy was rather good at getting rid of stupid people
but this time she was a bit curious to know what was behind this sort of
insistence. |
"Noem my gerus Lawrence," voeg die man by. |
"Do call me Lawrence" the man added. |
"Kyk, as jy nog nie van my gehoor het nie – ek
het The Tempest met akteurs net uit Harlem geregisseer. |
"Look, in case you’ve never heard of me I
directed an all Harlem cast of The Tempest." |
Daisy hou van Shakespeare op die silwerdoek en het die
film inderdaad gesien. |
Daisy liked Shakespeare on the screen and had indeed
seen the film. |
"Wel, ek het baie van jou film gehou, maar ek is
nie Kay nie … o, jy praat seker van Kay Bartok, die Kanadese aktrise in Macbeth? |
"Well, I liked your film immensely but I’m not
Kay and......oh, you weren’t talking about Kay Bartok, the Canadian
actress in Macbeth? |
"Jy het dit ook gemaak, nie waar nie?" |
"You made that too, didn’t you?" |
"Ja," glimlag Lawrence Baker. Daisy het dit
vir hom 'n goeie dag gemaak. |
"Yes." Lawrence Baker smiled. Daisy had made
his day. |
"Ek vrees my films maak nie baie geld nie, maar dis
'n plesier om te hoor 'n Engelse vrou sê sy geniet minstens een van hulle. |
"I’m afraid my films don’t make a lot of money,
but it gives me pleasure to hear an Englishwoman saying she enjoyed at
least one of them. |
"Maar weer ter sake. |
"But back to business. |
"Ek het gedink jy is Kay. En ek het 'n wonderlike
plan. Wil jy nie graag die res van die week vir haar instaan nie?" |
"I mistook you for Kay. And I’ve had a wonderful
idea. How would you like to be her double for the rest of the week!" |
Daisy is verstom. |
Daisy was stunned. |
Mnr. Lawrence gaan voort. "Jy lyk nie presies soos
sy nie, maar julle is eenders gebou en het presies dieselfde lang, ligte
bruin hare. |
Mr. Lawrence continued: "Your face isn’t exactly
like hers but you have an identical build and just the same long
light-brown hair. |
"Jy weet, Kay voel effens tam en verdien werklik 'n
blaaskans. |
"You know, Kay, is a bit run down and she badly
needs a rest. |
"Die probleem is dat sy in die volgende klompie dae
baie afsprake het, want ons is hier om reklame te maak vir ons jongste
film, "Terug oerwoud toe met 'n modem". |
"The thing is that she has a lot of engagements in
the next few days as we are here to promote our latest film, "Back to
the jungle with a modem". |
"Wel, ek speel werklik nie vir my beroep toneel nie
– wel, ek doen dit soms wanneer ek na 'n saak ondersoek instel, maar …"
sê Daisy. |
"Well, I really don’t act as a profession - at
least I do sometimes when I’m investigating a case, but......" said
Daisy. |
"Kyk, waarom gaan drink ons nie daar 'n koppie
koffie nie?" Lawrence wys na 'n koffiewinkel oorkant die straat. |
"Look, why don’t we have a cup of coffee over
there," Lawrence indicated a coffee shop on the other side of the
road. |
"Kay ontmoet my daar, want sy wou eers 'n paar
inkope doen. |
"Kay is meeting me there because she wanted to do
some shopping first. |
"Kyk, daar is sy, en sy gaan nou by die
koffiewinkel in." |
"Look, there she is, going into the coffee shop now." |
Lawrence is die praterige soort wat nooit nee as 'n
antwoord sal aanvaar nie, en die hele ding prikkel Daisy se nuuskierigheid,
dus besluit sy om Kay Bartok te ontmoet. |
Lawrence was the talkative type who would never take no
for an answer, and Daisy was rather intrigued by the whole matter so she
decided to meet Kay Bartok. |
Toe sy aan die aktrise voorgestel word, sien Daisy dat
hul gelaatstrekke verskil en dat Kay Bartok minstens vyftien jaar ouer is,
maar fisiek is hulle inderdaad baie eenders. |
When she was introduced to the actress, Daisy saw that
their features were different and that Kay Bartok was at least fifteen
years older, but physically they were indeed very similar. |
Kay Bartok het 'n sterk Kanadese aksent. |
Kay Bartok had a strong Canadian accent. |
"So jy's 'n privaatspeurder, juffrou Hamilton. |
"So you’re a private eye, Miss Hamilton. |
"Hoe interessant. |
"How very interesting. |
"Jy moet soms in baie gevaarlike situasies beland." |
"You must get into very dangerous situations
sometimes." |
Daisy hou van dié innemende dame wat na mense kyk asof
sy werklik belang stel in wat hulle sê. |
Daisy took a liking to this gracious lady who looked at
people as though she was sincerely interested in what they were saying. |
"Kay, wat dink jy? |
"Kay, what do you think? |
"Mej. Hamilton sou swaar ooggrimering kon dra, 'n
hoed dra wat haar gesig versteek, en presies soos jy lyk." |
"Miss Hamilton could put heavy eye make-up on, wear
a face-covering hat and would look exactly like you." |
"Net 'n oomblik, mnr. Baker. Ek werk as 'n
privaatspeurder, en nie as 'n filmdubbelganger nie …" |
"Just a minute, Mr. Baker, I work as a private eye
and not as a film double..." |
"Kyk, Daisy, ons kan jou presies betaal asof jy na
iets ondersoek instel. |
"Look, Daisy, we could pay you just as if you were
investigating something. |
"Jy sal ons 'n groot guns bewys," dring
Lawrence aan. |
"You would be doing us a great favour,"
Lawrence insisted. |
Daisy aarsel: |
Daisy hesitated: |
op daardie oomblik het sy net vir een saak aandag, en
dit is hoe om te betaal vir kantoormeubels wat sy dringend nodig het. |
she had only one case on hand at that moment and that
was how to pay for some office furniture she needed badly. |
Daar lê orals leggers rond, en haar faksmasjien
werk nie. |
Files were everywhere, and her fax machine wasn’t
working. |
"Wel," antwoord sy, "ek was van plan om
met vakansie te gaan, maar ek kan dit 'n paar dae uitstel." |
"Well" – she replied – "I was just
going on holiday, but I could put it off for a few days." |
Lawrence Baker glimlag triomfantlik. |
Lawrence Baker smiled triumphantly: |
"Kay, weg is jy en gaan rus vir die volgende paar
dae, en ek neem Daisy met my saam na partytjies en middagetes waar jy
teenwoordig sou wees." |
"Kay, you go off and have a rest for the next few
days, and I’ll take Daisy round with me to parties and lunches you would
be going to." |
Kay Bartok lyk verlig. |
Kay Bartok looked relieved. |
"Ek wil jou bedank, juffrou Hamilton, en ek hoop as
ek weer hierheen kom, kan ek jou opsoek, en dan kan ons saam lekker lag." |
"I want to thank you Miss Hamilton and I hope the
next time I come over I can look you up and we can have a good laugh
together." |
Die volgende oggend bevind Daisy haar in 'n hotelsuite,
en mnr. Baker help haar met haar grimering. |
The next morning Daisy found herself in a hotel suite
with Mr. Baker helping her with her make-up. |
Daisy is effens verwar. |
Daisy was a bit confused. |
"Maar juffrou Bartok is ouer as ek! Gaan mense dit
nie agterkom nie? |
"But Miss Bartok is older than me! Won’t people
notice? |
"En wat van haar aksent?" |
"And what about her accent?" |
Lawrence lag. |
Lawrence laughed. |
"Moet jou nie kwel nie. Kay is baie bekend om haar
klassieke verhoog- en filmrolle, |
"Don't worry. Kay is well-known for her stage and
film classical acting, |
sy het in Londen studeer, weet jy, en die meeste mense
dink in elk geval sy's Engels. |
she studied in London, you know, and most people think
she is English anyway. |
"En wat die feit betref dat Kay ouer as jy is –
sy lyk nie in haar films so nie!" |
"As to the fact that Kay is older than you, she
doesn’t look it in her films!" |
Daisy skraap haar moed bymekaar en geniet die res van
die week geweldig. |
Daisy took courage by the hand and enjoyed herself
immensely for the rest of that week. |
Sy dra pragtige klere, open 'n kermis, eet heerlike kos
in wonderlike restaurante in die hartjie van Londen en verdien vyfhonderd
pond. |
She wore beautiful clothes, opened a fête, had gorgeous
food in wonderful restaurants in the heart of London and earned
five hundred pounds. |
Lawrence is allesbehalwe suinig. |
Lawrence was anything but mean. |
Daar was net een probleem – ongelukkig tel sy vier
pond aan gewig op! |
There was just one thing - unfortunately she had put on
four pounds in weight! |
Terug op kantoor lees Daisy die koerante waarvoor sy die
afgelope klompie dae nie tyd gehad het nie. |
Back in her office Daisy was perusing the newspapers she
hadn’t had time to see in the last few days. |
Een poniekoerant sê: |
One tabloid read: |
"Kay Bartok open kermis in die hartjie van Engeland
om geld vir 'n veelvoudige sklerose-liefdadigheid in te samel. |
"Kay Bartok opens fête in the heart of England to
collect money for a multiple sclerosis charity. |
Byna dubbel die verwagte som is geskenk, danksy die
sjarme van dié groot aktrise. |
Nearly double the sum expected was donated thanks to the
charm of this great actress. |
Sy het duidelik baie goed gelyk, en jonger as toe sy
Lady Macbeth in Lawrence Baker se film gespeel het. |
It was noticed that she looked very well, and younger
than when she played Lady Macbeth in Lawrence Baker’s film. |
Sy het beskeie gesê dat sy hopelik in haar volgende rol
selfs beter toneel sal speel en dat sy baie van Engelse roomys hou!" |
She modestly said that she hopes to act even better in
her next role and that she likes English ice-cream very much!" |